Hennie’s Paarl Restaurant
Paarl Wine Route 191 Main Rd, Hoog-En-Droog, Paarl
021 001 7705
09:00 - 23:30
R - R
Hennie’s is vernoem na die stigter, Rikus (oftewel Jonathan van RadioRaps) se bullterrier, Hennie. Rikus het sy inspirasie gekry in Amerika en het sodoende Hennie’s se vibe en look ontwerp…American Sports Bar but with a real South African flavour. Die vibe word rerig geskep deur die massiewe hoeveelheid TV’s – BAIE, BAIE TV’s – wat elkeen sy eie decoder het sodat jy JOU sport kan kyk, maak nie saak waar jy sit nie! Hennie’s het ook ‘n stel huisreëls wat gerespekteer moet word. Enige iemand wat die reëls verbreek (soos om nie met die linkerhand te drink nie) sal ‘n geelkaart gegee word en as jy ‘n rooikaart ontvang wanneer jou waiter sy fluitjie blaas… wel, jy kan self jou verbeelding gebruik wat dan gebeur! Die unieke playlist wat in die agtergrond speel (as daar nie ‘n massiewe game op is wat die surround sound verg nie) sluit legendes in soos Bruce Springsteen, ABBA, Creedence en vele meer! Elke liedjie is spesiaal gekies deur Rikus en liedjies word gereeld ‘ge-Schazam’ soos mense dit geniet en daarna heerlik saam sing! Hennie’s is geplak en gepleister met fotos van Hennie, Inge en Frik en ook die nuutste toevoeging tot die familie, Abraham. Jy kan ook op die menu kies van, onder andere, 4 ‘signature’ pizzas: die Hennie, die Inge, die Frik of die Abraham Calzone, terwyl die Hond Lager deur Abraham en die Christa Colada Cocktail deur Christa inspirasie gevind het.. Watse een lyk soos jou tipe pizza? By Hennie’s is jy verseker van die beste tjoppie en ‘n koue doppie wat jy kan geniet saam metou en nuwe vriende – Suid-Afrikaners wat die liefde vir sport, goeie kos en musiek met jou kan deel!
Facilities
Schedule
-
Mon
11:00 - 23:30
-
Tue
09:00 - 23:30
-
Wed
09:00 - 23:30
-
Thu
09:00 - 23:30
-
Fri
09:00 - 23:30
-
Sat
09:00 - 23:30
-
Sun
09:00 - 23:30
Featured
Olive Hill Guest House
Olive Hill Guest House, R60 Zoetigheyd Farm Eilandia, Robertson
Montagu Wine and Spirits Co
Rietrivier Cellar, on the R62 between Montagu and Barrydale.
Leave a comment